Go to BOOK SA home
21 Mar 2010

BOOK SA – Magazine

@ BOOK Southern Africa

Archive for the ‘Afrikaans’ Category

Uittreksel: Toring se baai deur E Kotzé

December 3rd, 2009 by Ben - Editor

Toring se baaiToring se baai is die eerste vollengteroman deur die befaamde kortverhaalskrywer, E Kotzé. Lees die volgende uittreksel:

* * * * * * * *

Die toringklip was van altyd af ’n landmerk vir skuite wat bo uit die Onderwêreld uit af Bobaai toe kom met vragte kreef. Op ’n stil dag, wanneer die see vol is, lyk die klipperige baai soos ’n versonke stad, trillend onder die water, met net die hoogste nokke wat bo uitsteek en die spits toring van ’n tempel.

Dis geen vriendelike hawe nie, daarvoor is die klein baaitjie wat met sy bek oop na die noord lê te onstuimig en onherbergsaam. As die see ’n skop in hom het, kan dit rof word.

Stormsee het deur die jare walle bloumosselskulp teen die duine opgehoop en mettertyd die klippe op die strand glad gerol. Tog is dit die plek waar Colbert sy fabriek kom staanmaak het: aan die verste punt van die witstrandjie, deur ’n skuins rotsplaat teen die aanslag van die westewind verskans. Soos ’n groot gaar kreef met sy voorlyf op die wal, die stert uitgeflap oor die jettie, staan die bousel van sink en plank. COLBERT CANNING COMPANY­ is in duidelike swart letters op die rooi dak geverf.

Van die fabriek en die paar buitegeboue lei ’n reguit swart steenkoolpad teen die steilte uit na ’n groep riffelsinkhuise omhein met doringdraad. Dis die sogenaamde Kamp, waar die fabriekswerkers ’n eenvoudige lewe lei.

Smal stoepies voor en agter hou die sand wat die oostewind oor die vlaktes aanwaai van die drumpels weg. Die skuifraamvensters is voorsien van houtluike, waarsonder die somers onhoudbaar sou wees. Voetpaadjies lei van die Kamp af tussen soutslaai en doringbosse deur in verskeie rigtings: na die skool en winkel en slaghuis op die hoogte bokant die baai. En links, meer na die suide, die vierkantige platdakhuise van die Bobaaiers, en mister Paulsen se bruinskool, en die Gaat waar die kreefvangers bly in hutte van sink. Op ’n bufferstrook tussen wit en bruin staan die enkele tweevertrek-sinkhok van Marija, die wasvrou.

Soos die derm van ’n huidjiehu kom ’n plaaspad veld se kant van die gehuggie verby, tot by die winkel waar dit wegdraai na die soutpanne aan die mond van die Rivier, vyf myl verder. Daarvandaan volg dit die oewer tot by die grootdorp en spoorwegstasie veel verder aan. Die plek is afgesonder en onbelangrik, nêrens aangeteken nie, skaars ’n kolletjie vliegmis op die landkaart. Die fabriek is die middelpunt van sy bestaan, kreef die lewensbron.

Sterftes kom voor wanneer ’n skuit vergaan en die bemanning verdrink. Of as maagkoors uitbreek en soos vuur deur die Gaat trek. Dan sterf hele families uit en lang begrafnisstoete beweeg soos miere agterom die bruinskool. ’n Gat word gegrawe, ’n lyk laat sak, die kis toegegooi, die vars hoop gelykgemaak met die aarde as die oostewind daaroor waai.

Dis die oostewind se nes daardie: ’n wind so reg uit ’n vuuroond, warm en droog en ongenadig. In die middel van die nag staan hy op uit die bossies, stoot sy asem ’n paar maal uit voor hy die vlak vat, stof opskep en saamvat, by oop deure en vensters inwaai en anderkant uit, dwarsdeur die fabriek tot op die skuite. Tot die water bleekgroen op die middag lê en smag na die lafenis van ’n koel kenter as die weer op noord draai.

Ongeag die weer, werk die fabriek. In sy klam buik pols ’n enkele dieselmasjien wat ’n ingewikkelde stelsel van dryfasse en kruis-en-dwars-bande trek. ’n Stoomenjin maak gas vir die koelkamers. In die boilerkamer word die ketels gestook. Koekepanne ratel oor die smal spoortjies op die jettie.

Die skoorsteen rook en die fluitjie blaas. Vroue in wit oorjasse en waterstewels, geslypte mes in die hand, tou in die voetpad af en kom val by die paktafels in.

Soos gewoonlik hou Ockert Blankenberg, die voorman, dié dag toesig – van die aflaaiery op die punt van die jettie tot in die kreefhuis by die pakkers.

Slof met swaar houtsool-kalosies aan sy voete enkeldiep deur die water. “Toe, toe, opskud vir die Mariebiskit!” jaag hy die vroue aan en tik hulle speels op die boud met ’n hand soos ’n tennisspaan.

Hulle lag hiér uit. Dié mister Ockert darem! Hulle ken hom van destyds toe hulle saam in Stefan se fabriek gewerk het. En verder terug, van sy vulletjiedae op Langbaan se strand waar hulle in die vlak lagune watertjies gespeel en steentjies gebraai het. Agtermekaar jongkêrel gewees toe hy nog al sy hare en tande gehad het. ’n Reus van by die ses-voet-ses in sy sokkies, en sterk. Dra ’n bakkie manalleen op die strand uit. Mag nie slaan nie: die juts het gewaarsku. Hoewel hy wel sal slaan, as dit moet.

Onder die plankvloer van die kreefhuis spoel die gety op en trek met ’n grom van growwe sand en skulp terug, wat losgekarring is onder uit die seebodem. Dis volmaanspring. Die see is aan die kwaai word.

Die skuite het kort duskant Honneklip gevang toe die kreef se bekke begin skuim – ’n teken van onweer. Eietyd is die bakkies op dek gelaai en het hulle gemaak vir die huis, met die wind van agter. Een van die skuite het masjienmoeilikheid gekry en moes ingesleep word. Dis met moeite tot teenaan die jettie gebring, waar die aflaaiers nou halflyf in die ruim staan en die kreef met vurke in kiste gooi.

’n Gejaagdheid maak almal senuweeagtig. Sieber, die fabriekbestuurder, jaart die jettie met ongeduldige treë af. “Die skuite moet wegkom!” Hulle moes al weg gewees het as dit van hom afhang, om in die Bobaai te gaan skuil!

Almal blaas in Ockert se nek.

“Ja!” bulder hy harder as wat hy bedoel het, bo-oor die geraas van mense en koekepanne en die see. Hy is sommer die moer in. Sieber kon liewer in sy kantoor gebly het, of tee gaan drink by die huis. En die verdomde skippers moes hul verstand gebruik en by Honneklip gaan aflaai het. Hoewel dit daar ook maar goed gevaarlik kan wees in sulke weer. Maar dan het hy nie nou met die klomp kreef gesit nie.

Dit gee ’n gewerskaf af terwyl die skuite olie en water vat, kos en brood laai. Terwyl almal fletter om klaar te kry, is Smittie Steyn, algemene tegnikus en enjineer van Toring, teen die steil trapleertjie af na die masjienkamer van die stukkende skuit.

Hy spuug oorboord toe hy weer op dek kom. “Dis so vuil daar onder, jy wil naar word. Om te dink iemand slaap daar.”

Hy is geen seeman soos Ockert wat op die water grootgeword het nie. Hy stam uit ’n geslag van Agterbaaise boere, maar het vroeg reeds ’n aanleg vir meganika getoon en dit sy loopbaan gemaak. ’n Skraal, seningrige man met ’n smal gesig, hoë voorkop en mooi hande. “Daar’s niks verkeerd met die oliepomp nie,” sê hy vir Ockert. “Die filter
was net geblok.”

Dit kon sommer op see vervang gewees het, maar al het die drywer ook geweet hoe, dra hulle nie onderdele saam nie. Voorraad is min en die gereedskap primitief, en die firma traag om aan te koop. ’n Geldtekort, is die verskoning. Tye is swaar; die kreefbedryf het nog altyd gewurg. Die afgelope tyd word die oorlog en die onverkrygbaarheid van materiaal ook voorgehou.

Daarom het Smittie Steyn sy eie gereedskap gekoop. Made in Sheffield. Hy werk nie met prulle nie. Hou sy goed by die huis, waarvandaan hy dit laat haal as hy iets nodig het. As dit ’n oponthoud veroorsaak soos nou weer, moet hulle maar wag.

Toe die laaste skuit weg is – ’n vloot seevoëls wat voor die noordewind uit dobber – staan die rook uit die onbewerkte kreef. Afgegaan. Maar dit kan nie weggegooi word nie. Eers vinnig deur die stoompotte, dan na die vroue wat skoonmaak, sterte afbreek, oopsny, dermpie uithaal. Na die baddens waar al die bederf afgewas word totdat die vleis spierwit is, waarna dit geblik word en deur die inmaakproses gaan.

Ockert beweeg tussen die pakkers en die stoompotte. Sy stem klim bo die stoomwalms uit; die spoeg spat.

Voor donker bring die kinders Ockert en Smittie se aandkos: brood toegedraai in kardoespapier en iets warms in ’n skotteltjie, ’n bottel tee wat vinnig afkoel. Gewoonlik kan hulle nog ’n bietjie vertoef, maar vanaand mag hulle nie. Dis onweer en die see is aan die kwaai word. Daar word dwarsdeur gewerk, die hele nag tot die volgende middag, voor die laaste kreef weg is.

Smittie se voete is nat. Hy dra nie stewels nie, maar velskoene met dun sole wat hy van Ebersohn af bestel. Al wat hom red, is die wolkouse wat Kittie, sy vrou, vir hom brei.

Almal is kapot toe die laaste blikkie deur die stoompotte is en stoor toe gevat word om af te koel. Die masjiene het tot stilstand gekom. Dis net die Tandy wat loop om ys te maak sodat die aas koud kan bly. Die stoomketels is afgesluit; die mure en tafels en vloer van die kreefhuis word skoon gespuit.

Ockert en Smittie wag buite op die jettie dat die skoonmakers klaarmaak.

Die weer bou op. Op die horison lê ’n massa blouswart wolke wat inme-kaar krul. Die wind is sterker.

“Hier kom ’n man aan, ou Smittie.”

Ockert trek sy kop tussen sy skouers in. Die donkerblou seemanstrui wat hy oor sy ketelpak dra, sit knap. In die was gekrimp. Die dungeslyte moue is ingestop, ’n sweer saamgetrek op elke elmboog. Hy vee met die agterkant van sy hand oor sy mond. “Jee-zus,” blaas hy soos ’n walvis, “wat ’n weer!”

Die see is skuimbek met ontblote haaitande wanneer die branders oor die rotse breek en in die skietgat onder die Toringklip opspat met ’n knal. Dit laat Ockert verlang na die kalm waters van die lagune waarop hy en sy broers in ’n seilbootjie uitgevaar en weer ingedryf het tot by die ankerplek vlak voor hulle huis.

* * * * * * * *

Book details

Scribd.com book preview:

Toring se baai

 

Uittreksel: In oneer deur JM Coetzee

August 26th, 2009 by Ben - Editor

In oneerJy kan ‘n voorsmakie kry van die eerste boek deur JM Coetzee om in Afrikaans vertaal te word.

Lees die uittreksel uit In Oneer, die vertaling van die pryswennerroman Disgrace, en kry jouself betyds op hoogte met die storie, aangesien die rolprentweergawe ook binnekort begin draai!

In die uittreksel verskyn prof. David Lurie voor ‘n tugkomitee oor sy verhouding met ‘n student. Dié moment aktiveer die gebeure in die verhaal: Lurie gaan bly op sy dogter se plaas, waar hulle aangeval word, en hy worstel met die plek van ‘n ouer wordende wit man in Suid-Afrika.

* * * * * * * *

Hy skakel die viserektor se kantoor en word ’n vyfuur-afspraak gegee, buite die normale ure.

Teen vyfuur wag hy in die gang. Aram Hakim, glad en jeugdig, kom uit en laat hom binnekom. Daar is reeds twee persone in die vertrek: Elaine Winter, voorsitter van sy departement, en Farodia Rassool van Gedragswetenskappe, wat die voorsitster is van die oorkoepelende universiteitskomitee vir diskriminasie.

“Dis laat, David, ons weet hoekom ons hier is,” sê Hakim, “laat ons dus nie doekies omdraai nie. Hoe kan ons hierdie aangeleentheid die beste aanpak?”
(more…)

 

The 12 Days of Xcerpts: Staan in die algemeen nader aan vensters deur Loftus Marais

December 21st, 2008 by Ben - Editor

Staan in die algemeen nader aan venstersLoftus Marais Have yourself a Marais little Christmas
Let your hart be light
From now on ons probleeme will be out of sight…

…en Staan in die algemeen
nader a-a-an vensters
nou…

On the front door of Loftus Marais‘ debuutbundel hangs a marvellous epigraph from Billy Collins -

“The birds are in their trees,
the toast is in the toaster,
and the poets are at their windows.”

Opening the door, you are led into a plush interior where the corners are nevertheless sharp, and unavoidable, with a 50-50 likelihood of either glancing off your funnybone or causing subdermal bruises.
(more…)

 

Four Excerpts from Andre Brink’s Ander Lewens

March 12th, 2008 by Ben - Editor

Ander Lewens, 'n Roman in drie deleAndré Brink’s latest work, Ander Lewens, is billed as a novel in three acts, and today BOOK SA brings you four excerpts from it.

The first act appeared with the launch of the Umuzi imprint: The Blue Door / Die blou deur was published as a limited edition in 2006 to commemorate Random House’s new venture. It was later published as a trade hardcover (in English only) by Harvill Secker.

Now it is incorporated in Ander Lewens with two further novellas, Spieël and Appassionata, from which today’s excerpts – in both English and Afrikaans – derive. (See the bottom of this post for links to excerpts from The Blue Door.)

The three works are linked through similar themes, and the same characters and places feature in each. The three narrators are all artists: a painter, an architect and a pianist, each searching for meaning is through art:

* * * * * * * *
(more…)

 

Book Excerpts: No Man’s Land and Nasleep

March 5th, 2008 by Ben - Editor

No Man's LandGerrit Rautenbach & Carel van der MerweNasleep

Carel van der Merwe has been described by an acquaintance of mine as “the sharpest mind among the rising novelists” in South Africa.

The fact that his debut book was written (and published) simultaneously in English and Afrikaans, as No Man’s Land and Nasleep, is certainly going to do this claim no harm. Nor will the fact that he received an MA in Creative Writing cum laude from Middlesex University.

The book, in its English version, made the 2008 Commonwealth Writers’ Prize shortlist for Best First Book – Africa, and follows Paul du Toit, a covert army operative in the twilight years of white-ruled South Africa, who is forced to apply for amnesty from the TRC. His marriage falls apart and he moves to London – where once again he is faced with the kind of moral test he has failed before.

BOOK SA is pleased to bring you excerpts from both No Man’s Land and Nasleep, which cover the same passage:
(more…)

 

Three Poems from Hendrik Januarie’s Nagjakkals

August 30th, 2007 by Ben - Editor

NagjakkalsHere’s something new for the pages of the BOOK SA Magazine: an excerpt from a book of poems.

Afrikaans poems in this case, by Hendrik Januarie – from his first collection of poetry in nearly twenty years, Nagjakkals.

Januarie’s debut collection, Pro Rata, was published by Perskor in 1989. He was born and bred in the Klein Karoo. After working for many years across the country, from Elsiesrivier to Beaufort West to Kliptown in the north, he has finally returned to the landscape of his birth.

(more…)

 

Sunday Times Fiction Prize Shortlist Excerpt: Agaat

May 8th, 2007 by Ben - Editor

AgaatBOOK SA: your window into the 2007 Sunday Times Literary Awards. See excerpts from other shortlisted books: click the ST 07 Book Excerpts tag.

If there’s a frontrunner for the Sunday Times Fiction Prize, it’s Marlene van Niekerk’s Agaat, which has the same title for both its Afrikaans and English verions.

I stand corrected, but I believe this is the first time a work in translation has been up for the prize, rather than the original. This has caused grumblings in some quarters, but others have noted that “original-English only” prizes exclude large numbers of South African writers, a situation not in keeping with the spirit of the times. Michiel Heyns was van Niekerk’s translator in this instance, and apparently, if the book wins, he’ll share the R75 000 with her.

Here’s the English version of a passage toward the end of Agaat selected by van Niekerk herself; and the Afrikaans original follows:

(more…)